donderdag 26 januari 2012

Elisabeth Eybers - Taalles



Taalles

Die eerste mededele wat mens leer 
vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg
om die akuutste nood te formuleer
soos: ek het honger ... hou van jou ... is moeg ...

Plots uit die soet ontmoeting weggeruk 
het hulle ’n nuwe saamkomplek ontdek 
om oor en oor, onnosel van geluk, 
toereikend te verduidelik: jy en ek ...

’n Maand daarna – want tyd bring raad – hanteer
hul moeiteloos diggeweefde sin, 
die voegwoorde van kunstige verweer 
soos: daarenteen ... ondanks ... desnietemin ...


Elisabeth Eybers (1915-2007)


Omdat het gedichtendag is.


Gerelateerd
Op een bankje in de tuin

Geen opmerkingen:

Een reactie posten